LAERSKOOL DELMAS
SPOG MET SPLINTERNUWE EEUFEES GEDENK VLAG
Op Woensdag 9 Junie het Laerskool Delmas ter viering van hul 100jarige bestaan 'n nuwe skoolvlag in gebruik geneem.
Die vlag is gemaak en geskenk deur Kobus en Annelize Venter van Sticker & Sign World. Baie dankie vir julle ongelooflike bydrae en betrokkenheid tot die skool! Dit word opreg waardeer.
 
Mnr Frederik de Lange (Voorsitter van die Beheerliggaam) oorhandig die nuwe gedenkvlag aan Mnr Johan de Beer (Skoolhoof)
 
Opgewonde gesiggies, handeklappe en juigende stemme! Ons is trots op skool se nuwe vlag!


laerskool delmas indeks bladsy | www.delmasmall.co.za