LAERSKOOL DELMAS

100 jaar feesvieringe!

Bladsy 1 van 3

Bladsy 1 | 2 | 3 | volgende

 

Op 25 Maart 2010 het al Laerskool Delmas se leerlinge in hul feeshempies op die rugbyveld in die vorm van 100 gestaan. Oudleerling en valskermspringer, Johan Mulder van Rusternburg Skydivers het spesiaal vir die geleentheid lugfoto's kom neem 'n ongelooflike vertoning saam met twee van sy mede springers, Mike Rumble en Graham Field gegee!
 
Gaan kyk gerus by www.skydiverustenburg.co.za
 
Daar is met 'n Personeellid of Beheerliggaamslid gereël vir 'n Tandem sprong wat vroeër in Rustenburg plaasgevind het. Die kinders moes raai wie die persoon was. Daar is meer as 4 000 keer geraai. Sien later wie is die persoon en wie het reg geraai!
 
Hierdie vorm deel van die feesvieringe wat regdeur die jaar gaan plaasvind. Elke 25ste van 'n maand trek die leerlinge hul feeshempies aan en vier die skool se 100 ste bestaansjaar!
 
 
 
Laerskool Delmas ... trots 100jaar oud!!!
 
Graham Field oppad grond toe!
 
 
 
 

Bladsy 1 | 2 | 3 | volgende
laerskool delmas indeks bladsy | www.delmasmall.co.za