
|
| Koshuis Aansoekvorms / Hostel Admission Form ... |
| Betalings Ooreenkoms / Payment Agreement ... |
|
Baie dankie aan Johan de Jager van Mikon Afgri (Besproeiing) wat vir ons die besproeiing vir die groente tuin geskenk het. Aan Jacques van KFC wat vir ons pette en waterbottels geskenk het om ons te beskerm teen die son as ons in die tuin werk. Ons groente tuin kom mooi aan! Kom kyk gerus. |
|
Uiteindelik het die droom om 'n groentetuin agter die koshuis te skep, 'n werklikheid geword! Baie dankie vir die bereidwillige boere wat ons gehelp het om die grond voor te berei. Sonder u onbaatsugtigheid sou dit nooit kon gebeur het nie. |
Jané, Jaco en klein Jaco Oosterhuis wat vir ons gedis het, Jurgens Nel van Fournel vir die draadomheining, Lomon Maré vir die kalk en mis asook die grondanalise, Tommy van Schoeman Bdy wat kom gelykmaak het en Gert Nel van Rossgro vir die plant van die gras! |
|
| The Hostel would like to welcome the 8 new pupils who started this term. We wish you a happy stay in the hostel! |
|
| |
 |
 |
| Koshuis eetsaal |
Dogters slaapsaal |
|
 |
| Seuns Slaapsaal |
VISIE:
Waar ons 'n tuise skep vir elke kind sodat hy/sy geestelik, emosioneel, sosiaal en fisies maksimaal kan ontwikkel sodat hulle hul skeppingsdoel kan bereik.
REDE VIR 'N KOSHUIS:
Ons is een van baie min laerskoolkoshuise wat steeds opereer nadat die Departement van onderwys in 2004 alle subsidies aan koshuise gestaak het. Weens Delmas se ligging (naby aan Johannesburg en Pretoria) en die plattelandse atmosfeer, bied dit die ideale tuiste aan veral die stadskind en is daar 'n groot behoefte voor.
WAT ONS BIED:
1. Veilige tuiste weg van die ouerhuis
2. Bekwame personeel met 'n liefde vir kinders
3. Goeie dissipline op 'n positiewe manier
4. Goeie kos
5. Skool is op dieselfde terrein
6. Geleenthede vir na-skoolse aktiwiteite
7. 'n Multi-kulturele ondervinding
8. 'n Christelike omgewing en opvoeding
Kontak:
Mnr Fritz Oberholzer (013) 665 2076
Me Elsabé van Zyl: (013) 665 1931/2076
|